Dieren uit Zuid Afrika
Voeg foto's toe aan dit album Voeg toe aan mijn selectie
Weergave: Miniatuur | Micro | Galerij | Galerij + tekst | Foto | Diashow
Fotograaf: afrikaantje   

seekoei

seekoei
Gemaakt op: 01-11-2014 19:27:19
© Alle rechten voorbehouden

Die seekoei (Hippopotamus amphibius) is 'n groot, oorwegend plantetende Afrika-soogdier, een van slegs twee bestaande spesies in die familie "Hippopotamidae", (vanaf die Grieks ἱπποπόταμος -- hippopotamos, waar hippos "perd" beteken en potamos "rivier" beteken). Die ander spesie is die pigmie-seekoei. Die seekoei is halfwaterliewend en woon in groepe van vyf tot dertig diere in riviere en mere in Afrika suid van die Sahara. Bedags verkoel hy homself deur in die water of modder te bly. Voortplanting en geboorte gebeur ook hier; met territoriale bulle wat waghou oor hulle stukkie water. Die diere verskyn teen skemer aan wal om gras te vreet. Hoewel groepsverband en -gebied in die water geld, wei seekoeie alleen op land, sonder beskerming van grondgebied. Alhoewel hulle op varke en ander gelyktonige hoefdiere lyk, is hul naaste bestaande familie die setaseë (walvisagtiges, soos tornyne, bruinvisse, walvisse, ensovoorts). Die gedeelde voorvader van die walvisse en seekoeie het ongeveer sestig miljoen jaar gelede van die ander gelyktonige hoefdiere afgeskei. Die vroegste bekende seeikoeifossiele, van die genus Kenyapotamus in Afrika, dateer terug na ongeveer 16 miljoen jaar gelede. Die seekoei is herkenbaar aan sy vaatjievormige borskas, enorme bek en tande, haarlose liggaam, stompiebene en geweldige grootte. Dit is ongeveer dieselfde grootte as die witrenoster; slegs olifante is deurgaans swaarder. Ten spyte van die bonkige vorm en kort bene kan 'n seekoei maklik vir 'n mens weghardloop (of stormloop). Teen kort afstande is 'n snelheid van 48 km per uur aangeteken, veel vinniger as 'n olimpiese naelloper. Die seekoei word beskou as Afrika se gevaarlikste soogdier en is van die wêreld se agressiefste diere. Daar is nog 'n geskatte 125 000 tot 150 000 seekoeie regdeur Afrika (suid van die Sahara) oor, met die grootste bevolkings in Zambië (40 000) en Tanzanië (20 000 - 30 000).[2] Hulle bly bedreig as gevolg van wilddiewery, vir hul vleis en ivoorslagtande, en as gevolg van die verlies van hul habitat. Hulle word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.


Voeg zelf reactie toe! Klik hier!

Beoordeel zelf de foto:
Bezoekers beoordeelden: (1)
Beoordeling foto: (1)
Uw eigen gratis fotoalbum? Klik hier!
Foto zoeken in album
Album

Statistieken
163 keer gezien | 0 keer gedownload
Toegevoegd door: afrikaantje
Toegevoegd op: 01-11-2014
Album: Dieren uit Zuid Afrika
Functies
Printversie van deze pagina
Foto details

URL:

Gemaakt op: 01-11-2014 19:27:19
[Meer foto details, klik hier]

Zichtbaar voor: iedereen


Gratis fotoalbums, beginpagina       |        Start uw eigen gratis fotoalbum, klik hier        |          SeniorenNet startpagina     |      Help
Fotoalbum tegen de regels? Meld het ons!    SeniorenNet heeft geen banden met de auteurs.